X

267Ha Farm For Sale in Bethlehem Rural

R6,141,000

Web Ref No LFBM-0966

Pragtige plaas in Oos Vrystaat te koop

‘n Baie mooi en goeie plaas beskikbaar in Bethlehem distrik met ‘n oppervlakte van 267hektaar, sentraal geleë tussen die omliggende dorpe. Ongeveer 25km vanaf Reitz, 35km vanaf Bethlehem en 40km vanaf Petrus Steyn in die Vrystaat.
Die naaste silo is ongeveer 20km. Misdaad is tot dusver laag in hierdie area.Hierdie plaas beskik oor 200ha leemsand lande, wat in vier kampe verdeel is, sowel as 67ha weiding in twee kampe. Al hierdie kampe is voorsien met water.
5 ton mielies en 2 ton koring per hektaar gemiddelde oes en 650mm gemiddelde reënval per jaar.
Die plaas is geskik vir bees- en skaapboerdery en drade is in ‘n redelike goeie toestand met skadubome. Daar is ook ‘n drukgang met laaibank en nekklamp.
Twee boorgate elkeen met sy eie windpomp en een sement- en ‘n gronddam.
Die prys is baie billik vir die omgewing.
Wat dit 'n nog beter koop maak is dat daar ‘n drie slaapkamer woonhuis is wat voorsien word met Eskom krag, twee motorhuise, twee stoorkamers en drie store en 'n groot dieseltenk op die plaas. BTW is uitgesluit.

Features

Zoning Agricultural
Land Size 267Ha

Broker Contact Details

Message the Agent

We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy

1 of 1
I accept your privacy terms. Privacy Policy
We will communicate real estate related marketing information and related services. We respect your privacy. See our Privacy Policy